Saamgepersde aardgas

Saamgepersde aardgas is 'n fossielbrandstof wat as plaasvervanger vir petrol, diesel of propaan gebruik kan word. Alhoewel die verbranding daarvan kweekhuisgasse vrystel is dit meer omgewingsvriendelik as laasgenoemde brandstowwe en is baie veiliger as daardie brandstowwe in die geval van 'n lekkasie ten opsigte van sy brandgevaar (aardgas is ligter as lug en word gou in die lug versprei).

Saamgepersde aardgas word vervaardig deur aardgas (wat hoofsaaklik uit metaan [CH4] bestaan) na minder as 1% van sy volume by standaard atmosferiese druk saam te pers. Dit word gestoor en versprei in harde silinders by 'n druk van 200-220 bar.

Saamgepersde aardgas word in gewone petrolenjin motors gebruik wat omgeskakel word om dubbelbrandstofvoer moontlik te maak. Voertuie wat met aardgas aangedryf word, word toenemend in Europa en Suid-Amerika gebruik vanweë die toenemende styging in petrolpryse. Saamgepersde aardgas word as gevolg van beide hoë brandstofpryse en omgewingskwessies ook gebruik in ligte passasiersvoertuie, bakkies, busse en treine.

Saamgepersde aardgas se volumetriese energiedigtheid word geraam op 42% van dié van vloeibare aardgas en 25% van diesel s'n.[1]

  1. http://www.envocare.co.uk/lpg_lng_cng.htm

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search